Laerskool Warmbad

Die skool waar leerders die geleentheid gebied word om die wêreld te stig!!
  • AfrikaansAfrikaans
  • EnglishEnglish
Gedagte vir die Dag
  • Gedagte vir die dag
Tuiste
  • Welkom
    • Inligting
      • Fooie
      • Graad 4
  • Ons Geskiedenis
  • Kontak Ons
    • Padkaart
  • Akademie
    • Top 10 2011
    • Top 10 2010
    • Top 10 2009
    • Toetsrooster
  • Registrasie 2012
  • Skakels vir Take en Hulp
Album
plavei_01.jpg
Nuusbriewe / News Letters
  • Nuusbriewe / News Letters
PDF | Afdruk | E-pos

Laerskool Warmbad

1903-2011

Warries .......  is Wenners!!!!

 

Die skool waar leerders die geleentheid gebied word om die wêreld te stig!

 

By Laerskool Warmbad is ons tradisies op 'n Christelike grondslag gebou.

 

Ons bied onderrig in Afrikaans en Engels as parrallelmedium.

 

Die skool beskik oor uitstekende onderrig-, sport- en koshuis fasiliteite.

 

 

 
PDF | Afdruk | E-pos

DIE BK KUIER BY MENEER JAN

  "Die Bloubul eet nie van die vloer af nie,
  Die Bloubul weet nie van verloor af nie
  Die Bloubul sukkel nie sy roer af nie
  Nou vra jy my vir wie ek skree:" 
 
Meneer Jan, ons as BK wil net vir meneer baie sterkte sê vir die pad wat voorlê.
Meneer weet mos, 'n Bloubul weet niks van verloor af nie!
AB sê altyd hou jou oog op die bal, maar ons sê hou Meneer se oog op Hom gerig en vat een bal op 'n slag!
Meneer Jan, word gou gesond - sien Meneer by die krieketnette!!!!!!

 Mnr Jan_(1).jpg

 

Druk hulle teen jou vas

Dit voel asof ons almal weer 'n vakansie nodig het.  Jou kop pyn al van "Tel op, daar!" en "Moenie so lawaai nie"...

Dalk moet jy vandag en die volgende paar dae jou kinders opnuut waardeer.  Druk hulle teen jou vas met 'n vet, omhels-Mamma/Pappa-druk.  Vat daai ou gesiggie in jou twee hande en vertel haar hoe lief jy haar het.  Soen hom net daar op sy voorkop, al skop hy teë (hy hou eintlik daarvan).

Gaan lê buite op die gras en kyk na die wolke of die sterre.  Stoei bietjie met jou kind.  Maak fisiese kontak. 

Doen dinge saam - laat sy help kosmaak.  Ontspan jou kwaai huisreëls vir 'n dag of twee.

Neem 'n besluit dat jy nie vanaand na werk reguit TV toe gaan stap en jou daar gaan neerplak nie.  Besluit dat jy vir die volgende dag of twee tyd in jou kinders gaan belê.

 

 

 

Copyright © 2010 ---.
All Rights Reserved.

Joomla template created with Artisteer.