1903

Laerskool Warmbad maak sy deure oop op 19 Oktober 1903. ‘n Klein huis met slegs twee kamers word gebruik. Dit is in Reitzlaan geleë. Daar is minder as 30 leerders en twee onderwysers. Die oorspronklike naam van die skool is Warmbaths Government School.

In 1912 word die eerste baksteengeboue op die huidige terrein gebou. Hierdie geboue word vandag gebruik as die remediërende sentrum.

1912

1922

In November 1922 is die skoolterrein met draad omhein.

Groen word in 1941 as skoolkleure gekies. Vandag is die kleure maroon, diep goud en wit. Die skoolwapen is ontwerp deur Ds. Lategan.

1941

1949

D de Villiers komponeer die skoollied op 26 Junie 1949.

In 1956 word die koshuis gebou. Dit word deesdae as graad 2-klaskamers gebruik.

1956

1961

Die skoolsaal is in Desember 1961 gebou.

In 1967 word die ses aangrensende erwe aangekoop, en as sodanig word die skool deur vier strate omring.

1967

1970

In April 1970 word die dubbelverdieping-gebou, vandag die grondslagfase-gebou, vir die eerste keer gebruik. Die gebou met drie verdiepings, vandag die intermediêre- en seniorfase-gebou, word in Mei 1970 vir die eerste keer gebruik.