Om die uitstekende standaard van ons skool te handhaaf, loods ons jaarliks ‘n aantal fondsinsamelingsprojekte. Ons is bevoorreg om lojale ouers en ‘n ondersteunende gemeenskap te hê wat die skool m.b.v donasies en borgskappe ondersteun.

Spaarvarkie

Laerskool Warmbad se Spaarvarkie Fondsinsameling is ‘n deurlopende fondsinsameling om die skool te ondersteun. Deur middel van die webwerf kan enige iemand self ‘n bedrag kies om te skenk. Die fondse word benut vir gehalte onderrig, fasiliteite en buitemuurse aktiwiteite om elke kind die beste geleenthede te bied vir ‘n suksesvolle toekoms.